Ladies Lunch at Oep ve Koep Bistro – networking for PPP

n Tipiese weskus dag  in Paternoster – ‘n  blou- blou  Atlantiese oseaan en  n stormsterk suid-ooste wind is die agtergrond vir n netwerk- middagete vir  39 vroue  van die Paternoster gemeenskap.

Die onthaal area van Sonkwas Blue  akkommodasie  met n pragtige uitsig oor Bekbaai see was die  betemming  vir die dag. Die vroue   is  deur Toni Shina, the Backpack,  Mario van Niekerk  van GCU en Sanita van der Merwe  (Paternoster Peoples’ Partnership, toegespreek – die onderwerp was verantwoordelike toerisme en  hoe ‘n gemeenskapsprojek  daarby inskakel.

Die gaste was getrakteer op n tipiese  degustation  spyskaart ,voorgesit deur chef Kobus van der Merwe van Oep ve Koep Bistro .

food pic

Daar was  heerlik weggelê aan die kos en  almal het entoesiasties saamgesels veral na Mario van Niekerk- voormalige Americans bende lid vir ons toegelig  het oor sy gemeenskapsprojek in Heideveld. Hy praat uit ondervinding en lê klem op die feit dat almal bereik moet word- ook die sg gangster. Daar is geen keuse meer  vir inwoners nie- almal moet betrokke raak. Waar toerisme  groei, neem bendes en verwante bedrywighede toe . Die enigste manier om misdaad te beveg is om armoede te beveg en  mense toe te rus met vaardighede en hul sodoende te bemagtig.

Toni Shina gee wenke oor internet bemarking   en  kondig  met groot genoegdoening die nuwe internet portaal  aan vir Paternoster gemeenskapsprojek. Vriende  van Paternoster Peoples’ Partnership projek kan gelys word op die blad  en kan n Goud,Brons, of Platinum vriend word. Die gemeenskapsprojek baat daarby en wedersydse verkeer verseker  effektiewe bemarking vir alle partye in Paternoster.. Die voordele van  die bemarking van ‘n  Fair trade’ bestemming word uitgelig. Ons hoor wat is “voluntourism” , “Fair trade”, en “Conscious capitalism”.

Paternoster het die moontlikheid om n bestemming by uitstek te word mits ons die sosiaal maatskaplike omstandighede van die vissersdorpie  se inwoners kan verbeter.

Wêreldwyd kies toeriste meer en meer    bestemmings waar gemeenskapsprojekte gevestig is en waar  die plaaslike gemeenskap  voordeel trek uit die ontwikkeling.

Sanita van der Merwe   wat reeds  in 2011 reeds met die projek begin het,het  die haalbaarheid van die droom om n vaardigheids akademie op die been te bring uitgelig. Sy het aangehaal uit ander suksesvolle  gemeenskapsprojekte. Die kinders wat sedert 2011 betrokke is by die projek het bewys dat die model suksesvol  kan wees.Belangrike kopskuiwe het plaasgevind en die kinders is  ywerig om verder by die akademie betrokke te wees.  Die oogmerk moet wees dat soveel moontlik van Paternoster se jongmense  kursusse kan doen by die  akademie. Die vrouens van Paternoster is baie entoesiasties uiteen en dit blyk dat oud en jonk so iets in Paternoster sal verwelkom.

Paternoster het baie talentvolle toegeruste inwoners  en 25 vrywilligers  het na die byeenkoms hulp aangebied!

Ons gee graag erkenning aan diegene wat reeds ander projekte in Paternoster suksesvol aangepak het en ons sal graag  daaroor wil skryf op ons blog.

Laat weet vir ons – al die blootstelling saam ,plaas Patenoster net een tree voor wanneer dit kom by bemarking in die wereld toersime  mark.

PPP sien uit na n blink toekoms. Baie groot dankie aan ons donateurs!
Aangeheg is n spreadsheet met volunteers.

Kyk uit vir die geldblikkies by die restaurante  en winkels in Paternoster  waar ons logo adverteer word en waar u bydraes kan maak!

Lewarn Benade hou n Kersboom  geselligheid op 18 Desember  vir die kinders van die gemeenskap en  Renee Gerber het emmers vol  lekkers vir die geleentheid verpak.

Dankie aan almal wat n verskil help maak!

Advertisements

About Cape Town Studio Apartment

Contemporary studio apartment located in the heart of Cape Town. Beautifully furnished, in a security block with concierge, swimming pool and parking bay, with stunning views of the city bowl and Table Mountain. Open plan design, fully equipped, Wi Fi, weekly service.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s